White Rabbit Book Co. logo

Your cart

Your cart is empty.

Browse books
Cover of Die Kans

Die Kans

by Karen Kingsbury

$17.67$18.99
NewShips in 5 days
$17.67$18.99

Details

Publisher
Struik Christian Media
Published
2013-04-01
Pages
368
Binding
ePub
ISBN-13
9781415324585

About this book

Karen Kingsbury is een van die wêreld se mees geliefde romanskrywers en is na aanleiding van haar talle topverkopers deur Time Magazine as die ‘Koningin van Christelike fiksie’ gedoop. In haar splinternuwe boek, Die kans, delf sy diep in ’n onderwerp wat almal na aan die hart lê: Dit is nooit te laat vir diegene wat bereid is om ’n kans te waag nie. Jare gelede, op die dag voor Ellie van Georgia na Kalifornië verhuis het, het sy en haar beste vriend, Nolan, onder die Spaanse mos van ’n eikeboom gesit en briewe aan mekaar geskryf wat verseël is in ’n geroeste, metaal houer. Die plan was om elf jaar later terug te keer en dit te lees. Maar met die verloop van tyd het baie dinge verander. Ellie is vervreemd van die geloof waarmee sy grootgeword het en is ’n enkelouer wat in ’n armsalige woonstel bly en finansieel sukkel. Haar enigste herinnering aan haar ou vriend Nolan, nou ’n NBA ster wie se persoonlike tragedies sy geloof en mededingendheid versterk het, is wanneer sy na sy wedstryde op televisie kyk. Soos wat Ellie en Nolan se lewenspaaie hul nader aan ’n versoening bring, skets Karen Kingsbury ’n treffende verhaal van hartverskeurende verlies, die krag van geloof en die herstel van wonde wat net deur liefde genees kan word.

More by Karen Kingsbury